DIE KRAAL BRANDEWYN & 2L Sugar Free Coke
Die Kraal Brandewyn has quite the story behind it. Since you deserve the best of the best we have distilled it for you! Now you can also get this great combo of DIE KRAAL BRANDEWYN & 2L Sugar Free Coke. Smooth, delicious and always “no net enetjie”!
Oom Jan Grobler se storie:
Oom Jan se osse het hulle self ingespan. Hy was n stooker van Brandewyn, van vroeg soggens tot lank na slaaptyd.
Altyd opsoek na DAAI smaak, en was ‘n man wat nie bang was om nuwe tegnieke in sy stookhuis te probeer nie, ‘n regte REBEL. Die ketel was nie die selfde na die ongeluk nie maar die smaak, boeta die SMAAK proe purre REBEL.
Tannie Tokkie Oom Jan se suster was kwaai met hom na daai dag en het probeer om die stookhuis toe temaak. Bal Myburg en Corne Plasier, ’n bobaas distilleerder, Oom Jan se twee boesem vrinne kom toe tot die reding, maar die vriendskap was baie keer op die proef geplaas as Bal te diep in die proe in gaan, en oor sy eie kwota wankel. Bal was dors, baie dors. Later jare het hulle ‘n waghond aangestel Christo Wessels, om die brandewyn te bewaar, maar Bal het hom uitoorlê. Hy was lief vir ‘n sopie.
DIE KRAAL BRANDEWYN storie continues…
Daar was finaal besluit om die ketel af te sit omdat hulle altyd all hulle winste op proe. Oom Jan het sy gunsteling stokers safaripakbaadjie, met die resep nog so in die sak, in die kas opgehang. Dit was die beste brandewyn van die kontrei, en daar was baie teleurstelling van uit die gemeenskap toe die besluit geneem was om finaal klaar te maak. Die Brandewyn was gereeld die sentrale gesprek om groot braaivleisvure en by die kerkbezaar vir baie jare wat volg. Die gemeenskap was skielik nugter.
Tannie Tokkie het op haar oudag besluit dat die resep moet voortleef na Oom Jan se afsterwe. Sy het die resep, so met safaripak en al, vir CJ en Ian by Ketelkraal gegee. CJ het besluit om die safaripak te dra. Ian het brandewyn gestook. Die brandewyn was bobaas, dalk selfs beter as wat Oom Jan dit kon doen. Hier is nog een vir jou Oom Jan, jou REBEL.
DIE KRAAL BRANDEWYN
Oom Jan se gedig:
Dis koud daar buite maar die ketel loop,
‘n vars gebakte broodjie met botter en stroop,
Eerder n stywe brandewyn op die klippe,
Die braaivleisvuur, die sopie, die warm mis tussen jou tone,
Janter speel die konsertina en CJ Legende die driehoek.
Biltong met koljander, kampvuur knetter, klingel in ‘n glas,
saamgesels, pelle maak, stories vertel,
hardekool, rus vir die siel,
Voorlaaier, biskuit, vars oggend koffie,
die reuk van plaas, stukkende kraalmuur,
Bliksim, maar dis lekker!
Die Kraal Brandewyn – purre plesier!
NB NOTE:
IF YOU ARE UNABLE TO COLLECT AT OUR RETAIL OUTLET AND REQUIRE ADDITIONAL SHIPPING AT A FEE OF R15.00 TO ENSURE YOU ARE COMFORTABLE WITH SHIPPING YOUR BOTTLE OF SUPERIOR BRANDY PLEASE CLICK ON THE LINK PROVIDED TO HAVE US DO EXTRA PACKAGING ON YOUR BRANDY.
PLEASE NOTE WE ARE NOT A COURIER COMPANY AND THAT LOSS OR DAMAGE IS OUT OF OUR HANDS ONCE THE ITEM LEAVES OUR PREMISES.
Follow us on Facebook and Instagram
Ketelkraal – ons is orals!
Book your next event, collab event or keg rental unit for the best memorable party every with us. Regret is in hindsight.